Tuisgemaakte Turkse Lekkers

2015-07-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.6 / 5)

4.6 5 12
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

12 People rated this recipe

6,984
Related Recipes:
  • Katjiebotter en Klapper Fudge

  • Nutella en Rice Krispies Blokkies

  • Bar One Fudge

  • Kampvuur Poeding

  • Klapper Malva Lekkers

Bestandele:

45ml gelatien
125ml koue water
500ml strooisuiker
190ml kookwater
4ml wynsteensuur
1 suurlemoen se sap
5ml vanielje geursel
rooi voedselkleursel

so gemaak:

Spons gelatien in koue water.
Verhit suiker en kookwater saam tot suiker opgelos het.
Voeg wynsteensuur by en verhit tot kookpunt.
Laat vir sowat 5 minute kook.
Roer suurlemoensap by en verwyder van hitte. Los gelatien oor warm water op en giet by.
Roer deeglik en voeg kleursel by. Kleur mengsel, indien verkies, met ‘n paar druppels voedsel kleursel.
Giet in gesmeerde vlak bak en laat afkoel.
Sny in blokke en sif versiersuiker oor.

* Spons is wanneer jy die gelatien net in die kouewater gooi. Laat dit staan sonder om te roer. Later word dit oor kookwater gesmelt….in die koppie of houer waarin dit gespons is. Wanneer dit staan in die kouewater, lyk dit letterlik soos ‘n stukkie spons*

Comment (1)

  1. posted by Scharlize on September 3, 2016

    stuur asb vir my resepte aan

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!