Tuisgemaakte Suurdeeg
2013-07-07- Course: Preserveer
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4 / 5)
5 People rated this recipe
5,623Related Recipes:
So gemaak:
Om nuwe plantjie te maak
Gebruik ‘n vrugtefles en plaas so min of meer ½ koppie rosyne (met pitte) daarin.
Maak fles so ¾ met sterk lou water vol en sit half eetlepel sout, 2 eetlepels suiker en 1 eetlepel koek meel by.
Meng goed en laat staan op ‘n warm plek om te gis.
Gooi na 2 dae die meeste water af (so ongeveer ¾).
Sit weer dieselfde hoeveelhede sout, suiker en meel by en weer sterk warm water (moet nie kook warm wees nie anders sal dit die platjie doodbrand).
Laat staan so 2 dae of tot dit gis. Die meel sal opkom.
Haal rosyne uit en bêre tot jy dit wil gebruik dan gooi jy die meeste water af en suur dit weer in met ½ eetlepel sout, 2 eetlepels suiker en 3 eetlepels meel.
Comments (2)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Leonard Lengton on April 12, 2016
Ek soek al jare na hierdie plantjie se resep. Min mense weet waarvan ek praat. Gemmerbier met die plantjie gemaak is maar net lekkerder.
Kan u asb vir my n resep gee waar die plantjie gebruik word. Ek het myne nie meer nie.
Dankie
Leonard
posted by Boerekos on April 12, 2016
GEMMERBIER
20 ml gemaalde gemmer
10 liter lou water
1.6 kg wit suiker
150g rosyne
10g aktiewe droëgis
10 ml kremetart
10 ml wynsteensuur
Voeg die gemmer by die water en suiker en roer tot die suiker opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in ‘n plastiekemmer met ‘n deksel en laat dit 24 uur lank gis. Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Plaas 2 tot 3 van die rosyne in elke bottel en draai die proppe lossies vas. Laat die bier ‘n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.
•
GEMMERBIER PLANTJIE
Jy begin jou plantjie in ‘n een liter fles.
Plaas 8 Sultanas/rosyntjies in die fles saam met die sap van twee suurlemoene, 1 teelepel gerasperde suurlemoenskil, 4 teelepels suiker, 2 teelepels varsgemaalde gemmer en twee… koppies water.
Roer en laat die mengsel staan in ‘n warm hoekie vir twee tot drie dae tot dit begin fermenteer.
Sodra die plantjie begin “groei” moet jy dit elke dag “voer” met twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker vir ‘n periode van een week.
Om jou bier te brou gooi jy vier koppies kookwater oor vier koppies suiker en meng tot die suiker opgelos is.
Voeg drie liter koue water, die sap van vier suurlemoene en die “plantjie” by.
Sif deeglik deur – gebruik dun doek.
Draai die doek uit in ‘n bak en gebruik die vloeistof wat uit die doek kom vir jou volgende “plantjie”. Begin dit deur twee koppies water, twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker by te voeg.
“Voer” die plant dan soos voorheen.
Bottel jou bier in dik glasbottels. Na drie dae sal dit gereed wees vir gebruik