TUISGEMAAKTE LIKEUR’S

2006-09-25
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

2,331
Related Recipes:
  • Zoerdoef

  • Ys-Melkkoffie

  • Roomyskoffie

  • Warm sjokolade

  • Bloody Mary

TUISGEMAAKTE LIKEUR’S

Bestanddele:

1.)Koffieroomlikeur – (lewer 500 ml)

1 blikkie kondensmelk
170g blikkie ingedampte melk
7 ml vanielje geursel
10 ml sterk kitskoffiepoeier (aangemaak met bietjie kookwater)
12,5 ml gliserien
250 ml Whisky

Metode:
Meng bestanddele, gooi in ‘n bottel en versel.
Laat staan minstens 7 dae lank.
Skud gereeld.

2.)Room Likeur – (lewer 750 ml)

1 blik kondensmelk
250 ml vars room
125 ml Whisky
125 ml Brandewyn
2 eiergele
10 g donker sjokolade gesmelt
12,5 ml vanielje geursel

Metode:
Meng die bestanddele saam in ‘n menger of versapper.
Klits vir ongeveer 15 minute.
Hou koel en bedien.

3.)Koffie Likeur – (lewer 1,7 l)

500 ml water
500 g wit suiker
250 ml sterk swart koffie (moerkoffie)
375 ml vodka
375 ml rietspiritus (Cane)
200 ml desertwyn
25 ml vanielje geursel

Metode:
Kook stroop van water en suiker, voeg dan koffie by en meng.
Laat afkoel.
Voeg vodka, rietspiritus, desertwyn en vanielje by.
Laat koud word.
Gooi in bottels en versel.
Laat staan 3 – 4 weke voor gebruik.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!