Loader

Tou trek broodjie

2013-06-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

  • Bierbrood

  • Ouma se ‘Maklike Hol Vetkoeke

Heerlik vir braaivleis bygereg… jy kan die vulsel aanpas na jou eie smaak die is ‘n basiese heerlike tou-trekkery…

1 groot, ronde brood (verkieslik ‘n suurdeegbrood of ‘n brood wat1 – 2 dae oud is)
250 g spekstukkies, brosgebraai
250 g of meer Cheddarkaas, in dun snytjies gesny
50 ml heuningmosterdslaaisous, of ander slaaisous van jou keuse

So gemaak:
Gebruik ‘n skerp broodmes en sny die brood in snytjies van 1.5 na 2 cm – moenie tot onder deursny nie, maar los die onderkant vir ongeveer 2 cm nog ongesny. Sny dan dwarsoor die snytjies weer die brood in sye van 1.5 tot 2 cm, ook nie dwarsdeur nie.
Die brood gaan nou so wil-wil oopval.
Sprinkel die spekstukkies oor die hele brood – laat dit inval tot onder op plekke. Pak dan kaassnytjies oraloor tussen die broodrepies.
Gooi nou die slaaisous so eweredig as moontlik oor die brood en maak dit stewig in foelie toe.
Bak vir 15 minute in ‘n voorverhitte oond van 180 °C of plaas dit bo-op die vuur.
Dis bietjie moeiliker op die vuur, aangesien die brood nie baie maklik omdraai nie, maar dit is moontlik.
Indien jy ‘n gasbraaier met ‘n deksel of ‘n ketelbraaier gebruik sal dit makliker gaan.
Wanneer jy die brood onthul kan jy begin om die repies af te trek – heerlik!
Probeer verskillende slaaisouse om die geur te verander, of probeer verskillende soorte kaas, of bestanddele soos olywe, stukkies gebraaide sampioene of soetrissie. Jy kan ook ‘n pizzabrood maak, deur tamatie-uiemengsel en kaas met oreganum in die brood te sit. Kaas dit en geniet dit!
.

Recipe Type: Tags: , , , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!