Tamatie Rissie en Roosmaryn Konfyt

2021-11-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

200

1.5 kg ryp tamataies
Kookwater
1 kg wit suiker
35 ml suurlemoensap
gekneusde groen gemmerstukke – fyn opgesny
1 Habanero rissie – pitte verwyder , baie fyn opgekap (jy kan enige groen brandrissie ook gebruik wat minder brand)
1 el vars roosmaryn

Steriliseer flesse.

Bedek tamaties met kookwater, laat staan 5 minute lank
In ‘n groot bak, meng suiker en 2 kop kookwater, suurlemoensap goed tot al die suiker baie mooi opgelos is

Trek skille af, en kap tamaties in blokkies.
Voeg die tamaties, gemmer en roosmaryn in ‘n swaarboomkastrol en giet gesmelte suiker bo-oor
Voeg nou net genoeg kookwater by om die tamaties net net toe dek.
Verhit dit baie stadig oor lae hitte totdat dit kookpunt beriek,
Hou aan roer dewur die proses, bring hitte af na baie laag
Prut vir 2 – 3 ure baie stadig, roer af en toe.
Kook tot konfyt stolpunt bereik het.
Doen die pieringtoets.
Skep konfyt in flesse, bedek met botterpapiersirkels wat in brandewyn gedoop is en verseël die flesse

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!