TAMATIE-LAMSVLEIS MET KLUITJIES BREDIE

2008-10-30
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.3 / 5)

3.3 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

2,850
Related Recipes:
  • Sondagmiddag Lamsboud

  • Staan Ribbetjie

  • Skaapnek en Groenboontjie bredie

  • Lamsvleis Breyani

  • Oondgebakte Skaapkop

kookolie
1 tot 2kg dik lamsnek skywe
1 el asyn
sout en varsgemaalde peper na smaak
3 uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
4 tamaties, geskil en gekap
5ml suiker
2 x 250 ml vleisaftreksel van jou keuse
3 groot aartappels, in kwarte gesny
3 groot wortels in stukke opgesny

Kry ‘n lekker swaarboom pot, gooi jou nekskywe in, gooi water oor om die vleis mooi te bedek
Gooi asyn by en bring tot kookpunt, kook tot al die water weggekook is en begin braai, gooi
bietjie kookolie, uie en knoffel by, potbraai alles lekker saam tot geurig
Voeg aartappels en wortel stukke by, gooi 250 ml vleisaftreksel by, kook stadig vir 10 min
Gooi tamaties en geurmiddels by, kook vir nog 10 min
Gooi nou res van vleisaftreksel by, bring tot kookpunt, maak kluitjies soos hieronder verduidelik, en skep dit bo-op die vleis terwyl dit kook.

Kluitjies:
250ml bruismeel
5ml sout
1 el botter
1 tl gemengde droe kruie
1 eier geklits
60ml melk
Sif meel en sout saam.
Vryf botter in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg kruie by.
Klits melk en eier saam.
Meng liggies met bruismeel.
Skep lepels vol bo-op kook warm vleis in pot. Sit deksel op.
Kook op laagste hitte, ten minste 25 minute
Moenie die deksel oplig terwyl die kluitjies kook nie.
Haal van plaat af, laat rus 15 min, lug dan eers die deksel op.

Bedien lekker warm saam soetpampoen / patat en rys

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!