Loader

Tamatie en Parmesan Hoender op Spaghetti

2014-05-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Pasta met Hoender en Sampioen Gebak

  • Macaroni-la-Vienna

  • Oe-la-la Tuna

  • Romerige Russian en Spinasie Pasta Gebak

  • Varkworsie frikkadelle met Spaghetti

1 pakkie spaghetti
Kookolie
3 kop gegeurde broodkrummels
1 kop Parmesan kaas – baie fyn gerasper
4 hoenderborsies, plat geslaan
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 blikkie “roasted” tamaties kooksous
1 kop gerasperde mozzarella kaas

Voorverhit oond 180 g C

1 Kook Spaghetti soos aangedui
2 In ‘n groot Ziplog sakkie, meng broodkrummels en parmesan kaas. Sit een vir een borsie daarin, skut goed, druk krummels vas op borsies, sit eenkant in yskas vir 30 min.(hou die oorblywende krummels eenkant vir later gebruik)
3 In lekker diep oond-pan, verhit olie, gooi knoffel by, braai tot ligbruin. Voeg nou jou gekrummelde hoenderborsies by, Braai oor lae hitte 6 min, draai om, braai tot goudbruin.
4 Gooi nou versigtig tamatiesous rondom die hoender, Sprinkel nou die mozzarella kaas oor, dan die oorblywende broodkrummels. Hou op plaat tot die tamatiesous begin prut. Laat nou baie stadig kook, vir 5 min, MOENIE ROER NIE..
5 Sit nou in voorverhitte oond tot mozzarella gesmelt is.
6 Skep hoenderborsie bo-op klaarvoorbereide spaghetti, giet sous oor

Bedien met groenslaai of lekker broodrolletjies

*Magda vd Merwe via facebook Boerekos Kookengeniet*

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!