Tamatie en Groenboontjie Skaap Skenkel Bredie

2013-12-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.3 / 5)

3.3 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

3,427
Related Recipes:
  • Sondagmiddag Lamsboud

  • Traditionele Melksnysels

  • Staan Ribbetjie

  • Japtrap Biltong

  • Skaapnek en Groenboontjie bredie

pure nostalgie, nes ouma se bredie…

Bestanddele:

1- tot 2 kg skaap skenkel stukke
1/4 kop kookolie
3 groot uie, in skywe gesny
3 knoffelhuisies – gepers
500 ml vleis aftreksel – warm
ekstra warm water
3 groot aartappels, in kwart stukke gesny
500 g groenbone
1 pak sampioene – grof gekap
sprietuie
3 tamaties, ontvel en gekap
1tl oreganum
Knypie gemaalde naeltjies
knypie paprika
1 tl ml vars roosmaryn of 5 ml gedroogde
3 tl bisto poeier aangemaak met halwe kop water
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:
Potbraai skenkel in verhitte olie tot mooi goudbruin
Besprinkel met oreganum, naeltjies, paprika en roosmaryn.
Voeg uie en knoffel by en soteer tot deurskynend raak
Giet verhitte aftreksel oor. Prut stadig vir 1 en 1/2 uur , of tot droog gekook, potbraai weer lekker. Gooi biejties , bietjies water, braai vir so 15 min oor matige hitte.J.P
Rangskik nou groente bo-op vleis in die volgende volgorde: aartappels, groenboontjies, sampioene en sprietuie. Skep tamatie bo-op groente. Geur met sout en peper na smaak.
Gooi nou net genoeg warm water oor om groente te bedek. Sit deksel op en prut vir 1 uur of totdat vleis en groente sag is.moenie roer tydens die gaarmaak proses.
Gooi nou eweredig die bisto mengsel bo-oor, en laat prut stadig saam, tot sous dik is,
Voor opdiening, roer versigtig om seker te maak dat die vleis en groente nie breek nie.

*Bedien met rys of stampmielies of lekker potbrood of kluitjies..

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!