Loader

Taai Dadel Brandewyn Toffie Poeding

2014-08-10
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.2 / 5)

4.2 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

bestanddele:
1/2 kop kookwater
3/4 koppie dadels, gekap
2 tl opgehoop ~ koeksoda
4 el botter ~ gesmelt
3 el appelkooskonfyt
8 el bruinsuiker
1 groot eier
1 en 1/2 kop koekmeel, gesif
1/2 tl bakpoeier
knypie sout
1/2 tl fyn kaneel
1/4 tl gemmer
1/4 tl neutmuskaat
handvol pekanneute, fyn gekap
stuk van lemoen se skil, baie fyn gerasper

Vir die brandewyn sous:
2 kop bruinsuiker
4 el botter
1 stok kaneel
1 kop water
1/2 kop brandewyn
3 el gouestroop
1 tl vanieljegeursel
knypie sout

So gemaak:

Voorverhit die oond na 180 ° C.

Plaas die 1/2 kop kookwater en dadels in ‘n kastrol en bring tot kookpunt.
Kook vinnig vir 2 min , verwyder van die hitte
Voeg die koeksoda by en meng goed. Laat afkoel.
Room die botter, suiker en eier tot glad.
Voeg die meel, bakpoeier, sout, kaneel,konfyt, gemmer en neutmuskaat en vou in die botter mengsel. Voeg die afgekoelde dadels neute en lemoenskil en meng tot goed gemeng.
Gooi in gesmeerde diep oonvaste bak
Bak vir 35 tot 40 minute, of tot die middel terug spring as jy vinger druk maak.

Sous:
Om die brandewyn sous te maak, verhit die suiker, botter, kaneel en water in ‘n kastrol tot die suiker opgelos is. Voeg die brandewyn, stroop , vanieljegeursel en sout, bring tot kookpunt, kook minuut of twee
Gooi die warm brandewyn sous oor die poeding sodra uit oond kom, laat rus vir 30 min
Bedien met vla of roomys.

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!