Loader

Suurlemoen Soufflé

2016-11-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

Wat dink jy van hierdie suurlemoen soufflé direk gebak in ‘n suurlemoen? ‘n Kombinasie van romerige, soetigheid van ‘n suurlemoentert, onweerstaanbaar!

.
8 groot suurlemoene
3 eiers, geskei
halwe koppie suiker, verdeel in 2 aparte dele
2 el koekmeel
Versiersuiker

Voorverhit die oond 175 C en voer ‘n bakplaat met waspapier uit

Sny klein gedeelte van die onderste punte van elke suurlemoen gelyk af sodat dit regop kan bly staan
Sny die boonste stam af, hol die suurlemoene uit
In aparte bak druk die sap uit, syfer deur ‘n sif en hou die sap eenkant vir later

Plaas die uitgeholde suurlemoene op die waspapier op bakplaat
In ‘n hitte-bestande glasbak, meng die eiergele, een helfte suiker, 80 ml voorbehoue suurlemoensap en koekmeel.
Klits alles saam tot liggeel en glad
Plaas die bak oor ‘n kastrol pruttende kookwater en voortaan hou aan om klits vir sowat 8 minute tot dik.
Verwyder van die hitte en klop met ‘n elektriese menger vir sowat 10 minute, totdat dit afgekoel het, terwyl jy die kante skoon skraap.
Skep oor na ‘n skoon mengbak

In ‘n medium mengbak, meng die eierwitte saam met die res van die suiker.
Klits met die elektriese klitser op lae spoed tot skuimerig. Stadig aan verhoog die klitser se spoed totdat ‘n meringue vorm dit sagte punte vorm
Klits eers helfte van die meringue beslag by in die afgekoelde eiergeelmengsel en vou dan die oorblywende meringue liggies in.
Vul nou die suurlemoen doppe tot net onder die rand.
Bak vir ongeveer 15 minute, tot die beslag bo die suurlemoen se rant gereis en goue bruin kleur gebak is. Laat effe afkoel op bakplaat
Bedien dadelik, sprinkel met versiersuiker, sit voor met skep roomys

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!