Stywepap met Tamatie en Uiesmoor

2013-07-18
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 13
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

13 People rated this recipe

13,084
Related Recipes:
  • Karamel Toffie Sous

  • Pienksous

  • Tzatziki

  • Kerrie Tamatie en Eiervrug(brinjal) Smoor

  • Sampioen en Biltong Sous

Bedien met bruingebraaide wors of varktjoppies of lekker lamstjop… Boerekos kook…!!!

Jy het nodig:

1 liter water
12.5ml sout
750ml mieliemeel
12.5ml botter
10ml olyfolie

Kook water en voeg dan sout by. Roer met ‘n vurk(nie ‘n lepel nie) genoeg mieliemeel in om mengsel taamlik dik te maak. Voeg botter en olyfolie by. Vou goed in. Sit deksel op en laat stoom ongeveer ½ uur oor lae hitte tot gaar. Moenie die deksel te dikwels oplig nie, aangesien dit sal maak dat die pap nie rys nie.

TAMATIE EN UIESMOOR

Bestandele:

1.5 kg tamaties, geskil, in kwarte gesny
45ml sonneblomolie
6 medium uie, fyngekap
60ml vars pietersielie, fyn gekap
10ml bruinsuiker
5ml sout
5ml varsgemaalde swartpeper

Plaas tamaties in ‘n groot kastrol en prut oor lae hitte tot sag en pulpagtig. Verhit intussen olie in ‘n braaipan en soteer uie en pietersielie oor lae hitte tot uie deurskynend is. Roer gaar tamaties, suiker, sout en peper by, bedek deeglik en prut 10-15 minute.

.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!