Loader

Stadig Geroosterde Varkpens met Perskes

2020-10-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.7 / 5)

4.7 5 6
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

6 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Varkribbetjie in die oond

  • Oondgeroosterde Varkpens

  • Coca-Cola Varkboudtjops

  • Heuning en Gemmer Varkboud

  • Spek, Spinasie en Feta Varkfillet

‘n Eenvoudige, lui maar uithaler resep, vinger aflek lekkerte !

Jy het nodig
+- 1½ kg Varkpens (pork belly) – spek se bolaag in repies gesny, tot teenaan die vleis
410g blik KOO perskeskywe in stroop
Growwesout en Peper na smaak
Botter

*swaargewig foelie

So gemaak:- Voorverhit oond 180C


Spoel die varkpens deeglik af onder lopende koue water, druk droog met skoon doek
Plaas in oondpan, bedruip met Botter, geur met sout en peper
Dreineer perske skywe, hou stroop eenkant
Plaas die perske skywe tussen die gesnyde repies van die spek bolaag
Seel oondpan mooi met foelie
Bak in voorverhitte oond vir 1 uur
Verwyder foelie. en bak stadig verder by 160C vir 1 uur, bedruip gereeld tussendeur met perske stroop
Bak tot goudbruin, laat rus vir 15 min in oondpan, voor jy opsny en bedien

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!