Staatmaker Vanilla Sponskoek
2017-12-21- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3.9 / 5)
70 People rated this recipe
65,723Related Recipes:
Wen resep vir ‘n veerligte sponskoek, jy sal elektriese klitser hiervoor benodig. Hou by 15 minute tydsberekening, jy sal nie spyt wees met eindresultaat nie
2 kop koekmeel
1 ½ kop witsuiker
4 groot eiers
1 kop melk
40 ml kookolie
2 tl bakpoeier
2 tl vanilla
.
Versiersel:
Aarbei konfyt
Styfgekopte room
Versiersuiker
.
Voorverhit oond 180° C
Verhit melk en olie saam tot net onder kookpunt verwyder van hitte
In ‘n groot mengbak, gebruik ‘n elektriese klitser, klits eiers en suiker saam vir 15 min op hoe spoed tot lig en romerig (dis baie belangrik vir ‘n ligte tekstuur)
Voeg nou koekmeel om die beurt bietjies, bietjies by en meng goed deur tot gladde beslag
Gooi warm melk by, vou in tot gladde beslag
Voeg vanilla by en vou in en laastens bakpoeier, vou liggies deur
Gooi oor na 2 gesmeerde koekpanne, bak in voorverhitte oond 25-30 min
As koek goed afgekoel is smeer een laag helfte met konfyt, top met styf geklopte room
Plaas nou 2de laag bo-op en strooi net versiersuiker oor