Loader

Springbokboud met Brijani Speserye

2007-02-08
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Gestopte Gemsbokfilet

  • Springboksosaties

  • Vlakvarkbredie

  • Springbokboud in die oond

  • Toeka se Wildswors

1 Springbokboud
45 ml botter
30 ml bruinsuiker
30 ml koekmeelblom
30 ml korrel mosterd
30 ml growwe sout
30 ml brijani speserye
6 vet knoffelhuisies, gekneus
30 ml vars gemmer, fyngekap
5 ml koljander
30 ml olie
2 rooi uie, fyngekap
1 pynappel, geskil, in blokkies gesny
250 ml swoerdlose spekvleis
60 ml port

Ontbeen die boud. Voorverhit oond tot 180 grade.
Meng die botter, bruinsuiker, koekmeelblom, mosterd, sout, speserye, knoffel, gemmer en koljander saam en vryf die boud goed daarmee. Rol die vleis netjies terug en bind dit vas met kombuistou in 2.5 cm intervalle.
Verhit die olie in ‘n vuurvaste kasserol met ‘n deksel wat dig pas. Braai die ui oor matige hitte tot sag en deurskynend. Voeg die pynappel by. Plaas die boud bo-op uie en pynappel en verwyder kasserol van die plaat. Bedek die boud deur die spekvleis bo-op die boud te rangskik en giet die port oor. Plaas in oond vir 1 uur 30 minute tot 2 ure of tot die vleis sag is. Vul die vloeistof aan met aftreksel of warm water indien nodig.
Laat die vleis 10 minute rus sodra dit gaar is. Haal dit uit die kasserol en plaas op ‘n warm plek. Indien die sous te dun is, plaas die kasserol terug op die plaat en laat die sous indamp tot regte konsistensie. Proe en geur sous indien nodig. Sny boud in skyfies en sit dit voor saam met die sous, romerige kapokaartappels of koeskoes en dadels.

Wenk

Hierdie resep kan ook gebruik word vir n skaapboud.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!