Spek, Spinasie en Feta Varkfillet

2017-05-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

2,064
Related Recipes:
  • Stadig Geroosterde Varkpens met Perskes

  • Oondgeroosterde Varkpens

  • Coca-Cola Varkboudtjops

  • Heuning en Gemmer Varkboud

  • Kersfees Staatmaker Gammon

Hemelse Spinasie en feta gevulde Varkfillet, toegewikkel in spek kombersie, bedruip met stroop en goudbruin gebak !
1 heel groot varkfillet  + – 1 kg
100g feta kaas
2 groot spinasieblare, gewas; kroon uitgesny en grof opgekap
3 knoffeltoontjies – gekneus en opgekap
12 repies spek
4 el Maple Stroop – goue stroop net so goed
Sout en peper na smaak
Botter
Olyfolie

Voorverhit oond tot 180°C.

Sny Varkfillet die lengte af halfpad deur; vou oop en maak effens platter met vleishamer
Geur vleis met sout en peper
Plaas gesnipperde spinasie op eenkant van vleisstuk; krummel feta kaas en knoffel bo op; geur met peper en sout na smaak
Stip met bietjie botter en vou Varkfillet toe
Draai nou toe met spekrepies, steek vas met tandestokkies
Smeer oralom met bietjie olyfolie, plaas in oondpan
Bak in voorverhitte oond so 40 min tot filette net gaar is
Bedruip met Maple stroop en bak tot goudbruin en krakerig
Laat rus vir 10 min , verwyder stokkies en sny in verlangde skywe; bedien dadelik

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!