Sondag hoender
2009-02-27- Cuisine: Boerekos Resepte
Average Member Rating
(4.1 / 5)
9 People rated this recipe
11,626Related Recipes:
Ek was nooit ‘n voorstaander van pakkies soppoeier in kos nie, maar ag soms moet mens ‘n uitsondering maak
Benodighede
kookolie
6-8 hoenderporsies
sout
varsgemaalde swartpeper
1 pak (60g) dik bruinuiesoppoeier
500 ml (2 k) water
250 ml (1 k) mayonnaise
125 ml (½ k) mango atjar of blatjang
Voorverhit oond tot 180 grade C
Bereiding
Verhit ‘n medium swaarboompan en verf met bietjie olie
Geur die hoenderporsies met sout en peper na smaak
Braai hoenderporsies met die velkant na onder tot bros en goudbruin.
Skep uit en rangskik in oondvaste bak
Maak die uiesoppoeier met water aan en meng met die mayonnaise en mango atjar of blatjang.
Giet oor hoenderporsies en bak ongeveer 45-60 minute in die voorverhitte oond tot gaar.
Sit warm voor saam met rys en groente
Lewer 6-8 porsies
Variasie:
Vir kerriehoender
meng 5-10 ml (1-2 t) kerriepoeier en ‘n knippie fyn komyn (jeera) by die mayonnaise in en gebruik verder soos beskryf
Geniet!!!
**Susan Erasmus via Facebook Boerekos Kookengeniet***