Loader

Soetmelkbeskuit

2010-06-12
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 10
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

10 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Gesondheidsbeskuit

  • Karringmelk Beskuit

  • Lekker Maklike Ontbyt Beskuit

  • Lennon’s Hoesstroop

  • Oudtydse Boerbeskuit

 

2 kg bruismeel
250 g botter of margarien
2 t kremetart
2 t sout
3 k lou melk
1 & 1/2 k suiker
2 tot 3 eiers
3 e olie

1. Sny botter in klein stukkies en voeg dit by die lou melk.

2. Voeg die suiker en sout ook by die melk en roer oor stadige hitte tot die botter
gesmelt is. Voeg die olie en die geklitste eiers by.

3. Sif die bruismeel en kremetart saam. Roer die melkmengsel wat louwarm moet wees, daarin.

4. Meng en knie dit omtrent 10 minute lank tot die deeg glad is.

5. Maak bolletjies en sit hulle styf teenmekaar in gesmeerde broodpanne.

6. Bak dit 45 minute of 1 uur lank in `n matige warm oond by 190C

7. Breek dit warm op in stukkies , moet dit nie met `n mes sny nie,
Droog dit dadelik uit in `n lou oond by 120C , laat die deur van die oond op `n skrefie sodat die stoom kan ontsnap.

Die resep maak plus minus 4 dosyn bolletjies

Recipe Type: Tags: , , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!