Soetmelk rolletjies
2014-08-22- Cuisine: Boerekos Resepte
Average Member Rating
(5 / 5)
2 People rated this recipe
2,121Related Recipes:
Bak jou eie rolletjies ~ soetmelk rolletjies
Brooddeeg:
1 kg koekmeel
15 ml sout
45 ml suiker
37.5ml melk poeier
65.5g margarien (1/4 koppie)
1 sakkie kitssuurdeeg
Ongeveer. 500ml louwarm water
Eier Glaze:
1 eier
5 ml sout
Brooddeeg:
Sif droë bestanddele saam en vryf dan in die margarien
Gooi die warm water in die middel en meng ‘n rowwe deeg, knie tot glad (ongeveer 5 – 10 minute).
Plaas deeg in ‘n geoliede bak en bedek met kleefplastiek, laat rus vir 15 minute in ‘n warm plek.
Knie die deeg af en rol in 2 lang rolle, verdeel in 30 ewe groot stukke. Rol elke stuk in ‘n bal.
Met behulp van ‘n koekroller, rol elke bal deeg plat in ‘n lang ovaalvorm, dan rol dit styf, soortgelyk aan ‘n rolkoek.
Plaas die broodjie, met die naat op die bodem, op ‘n gesmeerde bakplaat en bedek met kleefplastiek en laat bewys vir 45 – 50 minute.
Eier Glaze:
Klits 1 eier met 5 ml sout vir ‘n blink afwerking.
Borsel deeg rolle met eier glans en bak by 240ºC 12 – 15 minute.