Loader

Soete Baklava Verleiding

2010-12-10
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (1.4 / 5)

1.4 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

 

Skep vir jou genoegsame skoon ruimte om jou baklava voor te berei.. Botter jou bakplaat +- 50 x 30 cm , baie goed!!!

Bestanddele:

6 velle filodeeg – goed ontvries (onthou filodeeg droog baie vinnig uit hou dus jou lae dig toe met skoon klam vadoeke tot jy dit gebruik, hou toe dwarsdeur proses soos jy benodig)

Vulsel:
4 Kop gekapte gemengde neute van jou keuse

Vulsel 2:
¼ kop suiker
1 tl pypkaneel
3 tl suurlemoensap
¼ tl nutmeg

Stroop:
1 ½ kop water
1/3 kop heuning
1 ½ kop suiker
¼ kop bruin suiker
1 tl suurlemoensap

*Genoeg gesmelte botter om lae goed te verf
Voorverhit oond na 160 °C.

So gemaak:

1. Plaas een vel deeg in die bak(hou ander velle mooi toe) en smeer met die gesmelte botter, herhaal die proses tot jy drie lae voltooi het
2. Voeg nou jou neutmengsel bo-oor die 3de laag, verprei eweredig, druk effe plat , Meng nou, vulsel 2 se bestanddele alles saam in bak, sprei nou eweredig bo oor die gekapte neute.

3. Plaas nou die ander drie lae velle bo-oor neute, onthou om dit een vir een te plaas, goed te botter tussen in lae. Smeer die laaste lag bo met gesmelte botter
4. Sny die baklava in die grootte vierkante wat jy verkies,
5. Bak vir 25 minute by 160 °C. Verhoog die temperatuur tot 200 °C en bak verder vir 15 minute tot goudbruin.

Terwyl die baklava bak berei die stroop voor
Voeg die water, heuning, suiker, bruin suiker, suurlemoensapalles saam
in ’n kastrol en bring dit tot kookpunt , roer aanhoudend. Kontroleer die hitte en laat die stroop vir 10 min aanhoudend borrel terwyl jy bly roer.. Laat effe afkoel.
Verwyder baklava sodra baktyd verby is,giet die stroop onmiddelik bo-oor. Laat heeltemal afkoel .

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!