Loader

Soet Lamsrib

2013-01-01
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.9 / 5)

4.9 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Lewer op n stokkie

  • Tamatie Bredie

  • Snoek Koningskos oor die kole

‘n Skeutjie bier en brandewyn gee dié marinade lekker skop
.
1 eetlepel klam bruinsuiker
½ koppie brandewyn
½ koppie dik sojasous
sap van 2 suurlemoene
½ koppie bier
Sout en peper na smaak
1 kg lamsrib

Metode:
Meng al die bestanddele (behalwe natuurlik die rib) saam, en siedaar, jy het ‘n marinade.
Gooi die marinade oor die vleis en sit dit vir ‘n paar uur of oornag in die yskas.
Braai die rib soos jy dit gewoonlik braai, maar verf dit elke omdraaislag met nog ‘n bietjie marinade.
Wanneer dit gaar is, laat dit eers vir 10 minute rus sodat die vleissappe nie verlore gaan nie.
Laat die rib ‘n bietjie afkoel voordat dit voorgesit word.
Wenk: Passop dat die vleis nie brand nie – met suiker in die marinade is dit geneig om swart te brand as die kole te warm is.

Comment (1)

  1. posted by Martin Konstabel on May 2, 2015

    Help asb. Ek soek ‘n wenk hoe om ‘n skaap- of beesribbetjie sag te kry as dit gebraai moet word. Myne is altyd so taai. En hoe lank voor dit lekker gaar is kan ek dit afhaal. Raad op, help asb.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!