Loader

So by my Kool

2017-11-19
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.9 / 5)

4.9 5 14
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

14 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Aartappel Koekies

  • Vars Aspersies

  • Gevulde, gebakte tamaties

  • Ouma se Kul Mielie Potbrood

  • Braai bysake: Biltong Rolletjies en knoffel aartappels

Heel gebakte Koolkop oor die kole. So ietsie anders as die gewoon. Heerlike bygereg vir braaivleis.

.
1 medium koolkop
botter
125 ml room
aromat na smaak
rooi peper na smaak (cayenne peper)
peper & sout na smaak
paar knoffeltoontjies, geskil en gekneus
kaas in skywe gesny
8 repe spek
olyfolie

*swaargewig foelie.

Verwyder die koolkop se buitekantste blare en spoel mooi af onder kouewater

Gebruik ‘n broodbord en skerp mes. Draai die koolkop dat sy knol na onder wys, plaas op die broodbord
Sny die koolkop in dik skywe soos jy brood sal sny, maar nie dwarsdeur nie., die koolkop moet nog onder by sy knol aanmekaar wees
Sit ‘n klontjie botter of twee tussen die gleuwe, gevolg met gekneusede knoffeltoontjies en dan paar kaas skywe
Geur met aromat, rooi peper, sout en peper na smaak
Pak nou die spek kruis en dwars oor koolkop
Bedruip met olyfolie
Gebruik nou twee 60 cm stukke swaar gewig foelie en plaas kruis oormekaar
Omvou die kookop nou na bo met ‘n klein opening aan die bo-kant
Giet nou die room deur die opening, bind die foelie deeglik toe, gebruik nog ‘n vel foelie indien sou verkies
Oor matige kole, plaas koolkop op rooster en bak oor konstante hitte so ongeveer 50 min na ‘n uur
Gebruik ‘n sosatie stokkie en druk van bo af deur om kool te toets vir sagheid

Bedien dadelik saam braaivleis

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!