Skaaptjoppies
2014-11-02- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Braaigeregte
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4 / 5)
6 People rated this recipe
2,221Related Recipes:
Vinger aflek lekker Skaaptjoppies:
bietjie kookolie
3 uie, in skywe gekap
2 el bruinsuiker
1 lourierblare
3 el kerriepoeier
2 el bruin asyn
fyn gerasperde lemoenskil na smaak
37.5ml fyn appelkooskonfyt
200ml water
1 tl sout
1 el peperkorrels
1.5 kg skaaptjops
Verhit die olie in die pan. Soteer die ui daarin. Voeg alles behalwe die vleis by en kook 15 minute lank. Laat afkoel. Pak die vleis in ‘n bak en gooi die afgekoelde sous oor die vleis.
Marineer minstens 6 ure of nog beter oornag.
Rooster die vleis oor matige kole (of in die oond.)
Kook die marinadesous nog 10 minute lank en smeer oor die vleis terwyl gaarmaak