Loader

Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

2020-08-20
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.7 / 5)

3.7 5 11
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

11 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

Die lekkerste klamste sjokolade koek wat jy ooit jou tande in sal lê. As jy ‘n soettand het en absoluut mal is oor sjokolade, moet jy hierdie resep uit probeer, stukkie hemel op sy eie


Vir die sjokoladekoek

1½ kop Koekmeel
1½ kop Witsuiker
3tl bakpoeier
3el Kakao poeier
1tl kitskoffie
200ml Kookwater
4 ekstra groot eiers, geskei
1tl vanilla
125ml louwarm water
125ml kookolie

Vir die versiersel

1 blik karamel kondensmelk
2 el Milo poeier
1 kop Versiersuiker
4 el Kakao poeier
125g Regte sagte botter
*aarbeie opsioneel
*versiersuiker vir sprinkel

Voorverhit oond 180C

Meng 200ml kookwater met kakao, kitskoffie en roer om op te los, hou eenkant om koud te word

Voer twee 20cm koekpanne met bakpapier uit en sprei liggies met “Spray ’n Cook”

Gebruik nou ‘n lekker groot mengbak en gooi die suiker in
Sif saam, koekmeel en bakpoeier bo op suiker
Meng kookolie en halwe koppie louwarm water saam
Voeg nou by koekmeelmengsel saam eiergele, afgekoelde kakao mengsel, vanilla en nog ’n halwe koppie louwarm water
Meng alles baie goed saam tot romerig
Klits eierwitte styf tot punte kan vorm, vou sagkens by koekmengsel in, sonder om te veel te karring

Deel die mengsel eweredig in jou koekpanne
Bak vir +-25 min in voorverhitte oond of tot gaar

Verwyder van oond, gooi skoon doek oor en laat koek in pan goed afkoel voor jy uithaal

Versiersel:

Wanneer die koek goed afgekoel is, meng botter, versiersuiker, kakao tot glad en romerig
Skep 3el van die karamel by en meng goed deur
Plaas jou onderste helfte koek op verkiesde bord en smeer die res van die karamel lekker dik op
Smeer die boonste helfte se binnekant met ‘n lagie van jou versiersel, en plaas verigtig op mekaar
Versier res van die koek, bo en kante met versiersel, sprinkel met Milo, versier met aarbeie en
rond af met versiersuiker bo oor gesif

Plaas in yskas vir minstens 4 ure

Wag die moeite werd, morsig lekker…. geniet

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!