Ryp Tamatie Konfyt
2011-07-19- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Preserveer
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3.8 / 5)
37 People rated this recipe
29,893Related Recipes:
2 kg ryp tamataies
Kookwater
7½ kop wit suiker
35 ml suurlemoensap
gekneusde groen gemmerstukke – fyn opgesny
Steriliseer flesse.
Bedek tamaties met kookwater, laat staan 1 – 2 minute lank, trek skille af en weeg. Kap tamaties in blokkies. Pak die tamaties en suiker in lae in swaarboomkastrol, voeg die suurlemoensap by en verhit dit baie stadig oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het, of laat staan dit oornag.
Verhoog hitte sodra suiker opgelos het, voeg gemmer by en kook tot die konfyt stolpunt bereik het. Roer nou en dan sodat die konfyt nie aanbrand nie. Doen die pieringtoets. Skep konfyt in flesse, bedek met botterpapiersirkels wat in brandewyn gedoop is en verseël die flesse
. .
Comments (3)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Reon on March 16, 2015
Wat beteken die (7.5 k) ?
posted by JPetro on March 17, 2015
7.5 k = 7 en ‘n halwe kop wit suiker … lekker kook
posted by Annette Rosendorff on June 3, 2016
I live I the USA but love our South African food. Dankie dat julle vir my resepte sal stuur.
Annette