Roomkaas muffins

2010-08-21
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

656
Related Recipes:
  • Kerrie Bakkies

  • Ham, Sampioen en Eier Bakkies

  • Basiese Wafels

  • Kaas Skons

  • Slappap met kaas en bros gebraaide spek

 

435 ml bruismeel
2 eiers, geklits
65 ml olie
100 ml aarbeikonfyt
125 ml strooisuiker
65 ml gemengde bessie- of aarbeijogurt

Vulsel
50 g roomkaas
30 ml (aarbei, moerbei of pruim ) konfyt
versiersuiker om bo-oor te sif

Stel oond op 180°C.
Smeer of bespuit ‘n muffinpannetjie.
Sif meel in groot mengbak en maak ‘n holte in die middel.
Voeg eiers, olie, konfyt, suiker en jogurt by en meng tot net gemeng. (die mengsel moet nog klonterig lyk).
Skep twee derdes van beslag in 6 holtes van muffinpannetjie.
Verdeel roomkaas en konfyt in ses porsies en plaas ‘n skeppie roomkaas en konfyt in die middel van elke muffin.
Maak toe met res van beslag.
Bak 30 minute tot goudbruin.
Laat afkoel in pannetjie en keer uit.
Sif versiersuiker oor.
Lewer 6 groot muffins.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!