Rooibos Ontbytmuffins
2014-02-12Average Member Rating
(5 / 5)
3 People rated this recipe
1,274Related Recipes:
Ontbyt ..??
500ml koekmeelblom*
3 tl bakpoeier*
mespunt sout*
1/2 tl mostert poeier*
3 el botter in blokkies
1 kop rooibos (sterk swart en effens afgekoel)
1 kop kaas
2 groot eiers
paprika
Maak oond warm voor die tyd 200ºC
Berei muffinpanne voor met ‘n kleefvrye middel
Sif *meel, bakpoeier, sout en mostert saam
In ‘n ander groot mengbak, meng rooibos, kaas en eier saam
Vrywe botter in met vingerpunte in meel tot dit soos krummels is
Vou tee mengsel bietjies, bietjies by droe mengsel, meng tot net mooi gemeng is, moenie te veel karring nie
Skep in muffinpannetjie , driekwart vol, sprinkel bietjies paprika oor.
Bak 20 – 25 min tot gaar en bruin
Sit voor saam met botter, piesang en stroop