Loader

Ronde Kaas en spekvleisbroodjie

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

1,044
Related Recipes:
  • Ouma se Kul Mielie Potbrood

  • Piesang en OBS Broodjie

  • Kaas en Kruie Broodjie

  • Peri-Peri Polonie Poffertjies

  • Flou val Toebroodjie

~ maak hom sommer dubbel, die is ‘n wenner !

8 repe streepspek, gebraai & fyngekap
250ml bruismeel
10ml botter
150ml melk
15ml Worcestersous
knippie sout
200ml kaas, gerasper
15ml tamatiesous

*bietjie ekstra kaas

Metode:
Voorverhit die oond tot 200°C.
Bespuit ‘n bakplaat, sprinkel met koekmeel
Sif die bruismeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die kaas en spekvleis by en meng liggies.
Meng die melk, tamatiesous en Worcestersous saam en voeg by die
droë bestanddele
Meng liggies tot net gemeng en vorm in ‘n sirkel op die bakplaat.
Bak 20-25 minute lank of tot gaar.
Sit oond af en sprinkel met ekstra kaas, los in oond vir 5 min
Dien lou wart op saam met botter en kaas.
Geniet !

Recipe Type:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!