Loader

Romerige aspersie en vis gebak

2010-04-10
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.7 / 5)

4.7 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

2,557
Related Recipes:
  • APPELKOOSBOTTER OONDGEGEBAKTE SNOEK

  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Snoek Koningskos oor die kole

  • Nog ‘n skeppie Tunatert

 

Bestanddele
750 g Witvis porsies
1 klein ui, fyngekap
1 blik Aspersiepunte (460 g)
2 kop Melk
12,5 ml Mosterdpoeier
1 opgehoopte eetlepel  Mielieblom
150 g Cheddarkaas, gerasper  plus bietjie ekstra vir sprinkel
Sout en Peper na smaak

Metode
Voorverhit oond tot by 180 °C.
Verwyder die vel van die stokvis terwyl dit nog gevries is en laat dit daarna effens ontdooi.
Geur na smaak met sout en peper en plaas in ‘n oondvaste skottel.
Sprinkel die gekapte ui bo-oor.
Dreineer die aspersies, maar behou die sap.
Rangskik die aspersie bo-op die vis.
Meng die aspersiesap, melk, mosterdpoeier en mielieblom goed in ‘n kastrol en geur na smaak met sout en peper.
Verhit tot kookpunt terwyl gedurig geroer word.
Voeg ekstra melk by indien die mengsel te dik is.
Voeg die Cheddarkaas by en roer tot heeltemal gesmelt.
Giet oor die vis. Sprinkel met ekstra kaas na smaak.
Bedek en bak ongeveer 30 minute lank of totdat die vis heeltemal gaar is.
Dien op saam met aartappels, ertjies en murgpampoentjies.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!