Rolkoek – “swiss roll”
2016-10-08- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.8 / 5)
18 People rated this recipe
Related Recipes:
Die geheim van rolkoek is om baie vinnig daarmee te werk te gaan sodra dit uit die oond kom,
moenie langer as 10 minute bak nie, maak seker jou oond is vooraf die verlangde hitte voor jy begin om die beslag aanmekaar te sit ; geniet !
Jy het nodig
4 groot eiers , kamertemperatuur – wit en gele geskei
250 ml strooisuiker
50 ml yskoue water
250 ml koekmeel
1 hoog tl bakpoeier
mespunt sout
5 ml vanielje geursel
aarbei of perske of enige konfyt na smaak – kamertemperatuur
waspapier
maizena vir sprinkel
ekstra versiersuiker vir sprinkel voor opdien
.*klam vadoek (liggies met water gesprinkel; nie nat nie !) skoon vadoek wat met strooisuiker gesprinkel is
So gemaak:
Voorverhit oond 200 C , oondrak in middel van oond geplaas
.
Smeer n bakplaat met botter, voer uit met waspapier en smeer weer met botter
Sprinkel met n bietjie maizena en skud oortollige meizena van papier af
Klits eiergele , water en strooisuiker baie goed saam tot lig en donserig
Sif koekmeel en bakpoeier saam en vou dit om die beurt by gewys by eier mengsel in
Klits eierwitte, vanielje geursel en sout saam net tot punte vorm
Vou by die beslag liggies in met ‘n “8” patroon met jou hand, tot mooi gemeng, moenie te veel karring nie
Skep deeg in pan; maak eweredig gelyk
Bak by voorverhiite oond vir 10 minute
Keer uit op n doek wat met strooisuiker bestrooi is
Trek waspapier versigtig af en sny kante 1cm reg rondom af met n skerp mes.
Smeer laag konfyt oor koek
Rol koek versigtig met behulp van vadoek .
.
Laat so afkoel in vadoek tot koud op n draadrak in yskas
Rol oop, sprinkel met versiersuiker net voor opsny en bedien