Randrekker Bobotie

2014-01-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

2,120
Related Recipes:
  • Alna se Bobotie met ‘n degie

  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Kerrie Bakkies

Lekker randrekker met maalvleis, met bietjie nostalgie

2 snye bruinbrood
200 ml melk
2 uie, fyngekap
25 ml olie
25 ml suurlemoensap
8 ml kerriepoeier
5 ml borrie
5 ml Aromat
2 ml peper
500g maer maalvleis
30 ml blatjang
2 eiers
125 ml gekapte droë appelkose
1 groen appel, gerasper
75 ml pitlose rosyne

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 C
Week die brood in die melk.
Braai die uie in die olie en voeg die suurlemoensap by.
Roer die kerriepoeier, borrie aromat en peper by.
Druk die melk uit die brood en hou die melk eenkant.
Voeg die brood by die uiemengsel.
Voeg die vleis, blatjang, 1 eier, appelkose, gerasperde appel en rosyne by en kook 20 minute oor lae hitte.
Roer af en toe. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Meng die orige eier met die melk wat uit die brood gedruk is en giet oor die vleismengsel.
Bak vir 30 minute.

*Elvira Blom via Facebook Boerekos Kookengeniet*

Comment (1)

  1. posted by Jakes on October 31, 2014

    Best ooit! Kan nie wag om dit weer maak nie!

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!