Pretoriahoender met perske rys
2014-02-05Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
1,576Related Recipes:
Ma se weergawe van “Pretoriahoender met perske rys”
Marinade:
kop black peper sous
4 knoffelhuisies gekneus
125 ml olie
pakkie wituie soppoeier
blikkie sampioene
1 en 1/2 kop tamatiesous
koppie chutney
bietjie wit wyn of sprite
gemaalde swartpeper
portugese hoenderspeserye
aromat na smaak
bietjie gemengde kruie
2 kg Hoenderstukke van jou keuse
sout
3 kop witrys
2 medium blikkies appelkose of perskes
3 el botter
4 uie, in ringe gesny
So maak jy:
1. Meng marinadebestanddele mooi goed in groot plat mengbak
2. Sit hoenderstukke in marinade , bedek en sit in yskas vir paar ure
3.Skep hoender saam narinade in swaarboom pot
4. Bring tot kookpunt, en verlaag hitte
5. Prut stadig vir 3 ure, roer nou en dan saggie deur, hou dop vir aanbrand. As jy nog vloeistof kort gooi witwyn of sprite by
6 Kook rys sag en fluffy
7. Verhit botter in pan en braai uie ringe tot deurskynend en bruin
8. Gooi sap van Appelkose/Perskes af, en sny in stukkies,
gooi by witrys saam gebraaide uie. Meng mooi deur.
9.Bedien dadelik met hoederstukke bo-oor.
*Annette Engelbert via Facebook Boerekos Kookengeniet*