Loader

Planne met Braaibroodjies

2017-04-03
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 25
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

25 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

  • Bierbrood

  • Ouma se ‘Maklike Hol Vetkoeke

Almal lief Braaibroodjie! En natuurlik die traditionele tamatie, uie en kaas, sout en peper Braaibroodie bly maar tops, maar soms het mens ook lus vir afwisseling. Ek deel gou paar gunsteling vulsels idees .

Piesang met spek en grondboontjiebotter
Meng eers bietjie botter en mayonase smeer op broodjie, dan tamatie; uie; kaas
Mozzarella kaas, uie, tamatie, fyn repies green pepper en vars gekerfde knoffel
Met camembert, avokadopeer en gekarameliseerde uie
Kaassmeer, Blatjang en fyn gekerfde Biltong
Appelkooskonfyt met piesang, baie lekker
Piesang en Kaas met bietjie rooipeper
Spek, Avokadopeer, kaas en baie swart peper
Gebruik Knoffelbotter om Braaibroodjies mee te smeer ipv gewone Botter, maak hom baie lekker
Gerookte Hoenderborsie, skywe gesny, mozzarella kaas en avo, sout en baie peper
Bros gebraaide spek, pynappelring en sweet chillie sous
Salami, mozzarella kaas, uie en tamatie
Peri Peri Hoenderlewertjies; uie en kaas
Ham, Kaas en uie met engelse Mosterd
Beestong kouevleis, Gekaramelliseerde uie en kaas
Sjokolade en piesang vir jou soettand
Spek, eier, kaas en maple stroop; heerlik vir kampvuur ontbyt
Burger Braaibroodjie: Hamburger pattie, uie, tamatie, kaas en blatjang
Gaar boerewors in dun skyfies gesny, gebraaide uie en kaas

Wat is ‘n braai dan nou sonder ‘n Braaibroodjie?

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!