Piesangbroodjie gesondheid
2010-06-23- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
1,531Related Recipes:
Bestandele:
3 oorryp piesangs
100g botter
1/2 koppie suiker
20 ml grondboontjiebotter
twee eetlepels heuning
500 ml meel
2.5 ml bakpoeier
2.5 ml koeksoda
knippie sout
50 gram amandel vlokkies
50 gram pampoenpitte
25 gram gekrummelde pekan neute
Metode:
Voorverhit oond na 180 grade.
1. Rooster die amandel vlokkies en pampoenpitte vir so paar minute in ‘n baie warm pan
2. Smelt die botter ‘n ‘n pan. Wanneer dit gesmelt is, gooi die suiker by en roer dit in tot dit gesmelt is.
3. Gooi bietjie botter in as dit te klewerig raak.
4. Gooi nou die botter en suiker smeltsel in ‘n voedselverwerker en meng vir so 30 sekondes.
5. Gooi die stukke piesang en heuning by en verwerk tot pap, dan die grondboontjiebotter en verwerk weer tot pap.
Dit sal miskien nodig wees om so klein bietjie water/melk by te gooi om die pulp sag te kry.
6. Meng in ‘n mengbak al die droë bestanddele, ingesluit die pampoenpitte, pekanneute en amandel vlokkies.
7. Gooi dan die pulp by en werk dit deur met ‘n paplepel of ‘n slaplemmes of soortgelyk. Moenie te veel kommer nie as dit ‘n taaier mengsel is as waaraan jy gewoond is vir piesangbrood.
8. Skep dit als ‘n ‘n bottergesmeerde broodpan en bak vir minstens 50 minute tot ‘n uur teen 180 grade.