Gebakte Piesang in Jack Daniels Stroop
2016-03-24- Course: Nagereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.8 / 5)
6 People rated this recipe
Related Recipes:
JY BENODIG
8 groot ryp piesangs, geskil en in dik skywe gesny
100 ml Old Brown Sherry
200 ml Jack Daniels Whiskey
4 el bruinsuiker
80 ml suurlemoensap
mespunt fyn gemmer
1 kaneelstokkie
125 g botter
Voorverhit die oond tot 140 ˚C.
Pak die piesangskywe in ’n gesmeerde bak. Giet die sap, sjerrie en Whiskey daaroor.
Strooi suiker en speserye daar. Stip met stukkies botter oral oor
Bak totdat die piesangs sag en bruin is.
Skep dadelik die piesangs op giet die sous in ’n pan oor die piesangs
Bedien met roomys.