Piesang en OBS Broodjie

2021-05-16
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

1,358
Related Recipes:
  • Kaas en Kruie Broodjie

  • Peri-Peri Polonie Poffertjies

  • Flou val Toebroodjie

  • Boerbrood Suurdeeg Plantjie

  • Paasbolletjies – Hot Cross Buns 

‘n Maklike piesangbroodjie sonder koeksoda, met ‘n doepa sherry, lekker vinnige meng en bak

3 oorryp piesang fyngedruk
½ kop bruinsuiker
1½ kop bruismeel
1 groot eier
3 el botter
1 el kookolie
125 ml Old Brown Sherry
sprinkel neutmeskaat (nutmeg)
mespunt sout
*melk

.
Voorverhit oond 180 C smeer 20 cm broodpan goed met botter

.
In ‘n lekker groot mengbak, room suiker, botter en kookolie saam
Bo op gooi koekbruismeel, neutmeskaat, fyngedrukte piesang en breek eier by, meng goed
Meng goed deur tot ‘n stywe deeg, laastens voeg sherry by en vou deur tot gladde deeg
Skep in gesmeerde broodpan
Bak by voorverhitte oond + – 45 min tot toetspen skoon uitkom
Laat in broodpan afkoel voor jy uitkeer

.
Laat broodjie goed afkoel voor jy sny

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!