Loader

Permantige Sjokoladekoek

2019-09-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.8 / 5)

4.8 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

Permantige Sjokoladekoek met ‘n witsjokolade versiersel, dubbele lekkerte wat die tone sal laat krul

Jy het nodig:

1Ā½ kop koekmeel
1 el bakpoeier
100g goeie gehalte donkersjokolade
6 eiers – geskei
1Ā½ kop witsuiker
4el kakaopoeier
180ml kookwater
180ml sonneblomolie
10ml karamelgeursel
knypie sout

Voorverhit die oond tot 180 Ā°C.

Smeer koekpan van 20 x 30 cm met botter
Sprinkel liggies met koekmeel

Smelt die helfte van die sjokolade in ā€™n glasbak oor kookwater

In ‘n lekker groot mengbak, klits eiergele en suiker saam tot lig

Meng die kakao met die kookwater tot glad
Voeg die olie by, roer deur, dan die gesmelte sjokolade by, meng tot glad
Vou by die eiergeel mengsel in en voeg karamelgeursel by

Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam
Vou om die beurt by eiergeelmengsel in
Klits die eierwitte tot stywe punt vorm
Vou by koekbeslag in en skep in voorbereide koekpan
Bak 45 minute tot gaar.

Laat in die pan afkoel voor jy uitkeer op ā€™n draadrak

Vir die versiersel:
200g wit sjokolade
125ml versiersuiker
45ml botter

Versiersel:
Smelt die witsjokolade in ā€™n glasbak oor kookwater tot glad
Sif versiersuiker, voeg by, roer deur tot glad
Voeg die botter by, meng tot egalig
Giet versiersel oor afgekoelde koek

**sprinkel met fyn gekapte neute , krummel flake of gesifte kakaopoeier

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!