Peper Biefstuk met Pasteikors
2016-06-22- Course: Hoofgereg
Average Member Rating
(4.5 / 5)
10 People rated this recipe
4,912Related Recipes:
Lekker vullende bodemlose pastei, tuisgebak ; die beste !!
bestanddele
600 g tenderised steak in blokkies gesny
1 ui fyn gekap
30 ml Olie
30 ml botter
2 pakkies KNORR Black Pepper sous
1 tl swartpeper
500 ml kookwater
afronding:
1 rol blaardeeg, ontdooi
1 eier, liggies geklits
2 diep oondvaste bakkies + – 15 cm in deursnee (4 klein bakkies of een groot 25 cm oondbak)
METODE
In ‘n diep pot verhit die olie en braai die vleisblokkies oor matige hitte tot geurig, voeg fyn ui en botter by, braai tot ui deurskynend raak, gooi 1 el swartpeper en 500 ml kookwater oor, sit deksel op en laat kook tot vloeistof verdamp en vleis weer begin braai in pot.
Maak die KNORR Black Pepper sous aan soos op pakkie aangedui en giet oor vleisblokkies
Prut vir 10 minute tot sous dik is, laat die vleismengsel afkoel
Voorverhit oond 200 C
Rol blaardeeg oop, sprinkel met koekmeel en rol effe platter.
Druk nou jou bakkies wat jy gaan gebruik, onderstebo (die bakkie se grootte) ‘n patroon op deeg uit en sny oortollige deeg af. (jy kan die gebruik om pastei mee te versier, blaartjie of kringetjies gesny)
Skep afgekoelde vleismengsel in bakkies tot amper vol, met genoeg sous by.
Plaas nou jou uitgesnyde vorm bo oor, druk liggies vas met vurk aan die kante
Smeer met geklitse eier, bak vir 20 min tot goudbruin by voorverhitte oond
Laat 10 minute staan voor bedien (die vulsel is baie warm !!)
Comments (2)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Julie on October 16, 2016
Net n idee maar dalk kan daar n manier wees om te rigestreer en jou gunsteling resepte te save of jou profile. Dit kan nogal awesome wees.
posted by Boerekos on October 16, 2016
Hallo Julie, Onderaan elke resep is ‘n opsie waarop jy kan klik om te print, share op facebook ens,Hoop jy kom reg !