Peer Krummeltert

2017-10-30
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 6
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

6 People rated this recipe

2,418
Related Recipes:
  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

  • Permantige Sjokoladekoek

  • Granadilla Pynappel Yskastert

‘n Heerlik bros gebakte tert of nagereg op jou vingerpunte, warm of koud, die is ‘n wenner !
Jy benodig:
..
410g KOO Blik Peer Helftes in stroop – (dreineer, hou stroop eenkant)
1 kop bruinsuiker (plus 2 el ekstra vir sprinkel)
1½ kop koekmeel
3 ml kaneel
3 ml neutmeskaat
1 tl bakpoeier
100 ml room gemeng met 2 el Brandewyn
2 groot eiers – geklits
2 el heuning met 100g botter – gesmelt
knypie sout
.
Voorverhit oond 180 C
.
Smeer die tertbord met botter en rangskik peer helftes onderstebo op tertbord bodem
Giet bietjie van die peer stroop oor die pere, gooi room oor en sprinkel so 2 el bruinsuiker oor
.
Krummels:
Meng saam in groot mengbak: koekmeel, bakpoeier,sout, kaneel,neutmeskaat, bruinsuiker
Voeg geklitste eier by, meng deur met ’n vurk
Gebruik nou jou vingerpunte en krummel die deeg tot growwe mengsel
Strooi nou krummel mengsel oor die pere
Drup die gesmelte heuning-botter oral oor die krummel laag, laat goed intrek
Plaas in voorverhitte oond en bak vir 35 min tot goudbruin
Laat tert eers minstens 30 min afkoel voor jy sny

Sit voor met styfgeklopte room

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!