Peer en Gemmertert Poeding

2014-05-01
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

2,152
Related Recipes:
  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

  • Permantige Sjokoladekoek

  • Granadilla Pynappel Yskastert

45 ml sagte botter
250 ml bruinsuiker
2 eiers
60 ml melk
5 ml vanieljegeursel
310 ml bruismeel
5 ml fyn gemmer
1 x 410 g blik peerhalwes, gedreineer en in skyfies gesny

Stroop
250 ml room
250 ml ligbruinsuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak. Sit die botter, suiker, eiers, melk en vanieljegeursel in die voedselverwerker en pols tot goed gemeng. Voeg die meel en gemmer by en pols tot ’n gladde beslag vorm. Skep in die oondbak en smeer gelyk. Pak die peerskyfies boop en bak vir 35 minute tot goudbruin en gaar.

Verhit intussen die room en suiker oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Prut vir 30 sekondes en giet die kokende stroop oor die warm tert sodra dit uit die oond kom. Laat staan vir 15 minute sodat die stroop kan intrek en sit warm (met roomys of vla) of teen kamertemperatuur (met geklopte room) voor.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!