Pasta met Hoender en Sampioen Gebak

2017-10-31
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 10
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

10 People rated this recipe

8,414
Related Recipes:
  • Macaroni-la-Vienna

  • Oe-la-la Tuna

  • Romerige Russian en Spinasie Pasta Gebak

  • Varkworsie frikkadelle met Spaghetti

  • Eenpot Lekkerte, Macaroni en Maalvleis

Heerlike randrekker, bedien met kraakvars groenslaai en broodrolletjies
.
½ pak fatti’s & monie’s macaroni
3 hoenderborsies
1 ui, fyn gekap
3 knoffeltoontjies , gekneus
1 pakkie sampioene, in skyfies gesny
aromat of hoenderspeserye na smaak
gemengde droë kruie na smaak
sout en peper na smaak
bietjie olie
1 kop room
kaas, gerasper

.
Voorverhit oond na 180 C

Kook pasta soos op pakkie aangedui, dreineer en roer paar druppels olie deur, hou in kastrol

Terwyl die pasta kook, sny die hoenderborsies in klein blokkies
Verhit bietjie olie en braai die ui en knoffel tot geurig
Voeg aromat/hoenderspeserye en kruie by
Voeg hoenderblokkies by en potbraai tot bruin
Voeg gekapte sampioene by, braai als lekker saam vir paar minute
Gooi room oor laat prut minuut of twee
Sout en peper na smaak
Roer hoendermengsel by gaar pasta in, in die kastrol
Skep oor na gesmeerde oonvaste bak
Sprinkel handvol gerasperde kaas oor
.

Bak in voorverhiite oond, 20 min tot goudbruin

.

Bedien dadelik

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!