Panzanella (Italiaanse broodslaai)

2009-03-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

1,995
Related Recipes:
  • Koel Komkommer Slaai

  • Kondensmelk Mosterd Aartappelslaai

  • Geurige Rysslaai

  • Gebakte Bone Slaai

  • Wortelslaai

 

Slaai vir die dag – Panzanella (Italiaanse broodslaai)

Dis beslis ‘n maaltyd op sy eie. Dié slaai het ontstaan omdat die Italianers niks in die kombuis weggooi nie

Bestanddele

• 1 Italiaanse brood
• 300 g klein rosa-tamaties
• olyfolie
• 30 g vars basiliekruid
• 1 geel soetrissie
• 1 rooi soetrissie
• 3 eetlepels kappertjiesaad (capers)
• 10 ansjovisfilette
• sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
• 2 rooi-uie, in dun skywe gesny
• 75 ml olyfolie
• 45 ml rooiwyn-asyn

Sny die brood in blokke.
Verhit jou oond tot 120 °C.
Plaas die broodstukke op ’n bakplaat en droog vir 20 minute uit tot lekker bros.
Plaas jou tamaties in ’n klein oondbakkie en bedruip met ’n bietjie olyfolie. Bak teen 180 °C vir 10- 15 minute – net tot die skil begin bars.
Sny intussen die geel en rooi soetrissie in blokke.
Meng nou al die bestanddele saam in ’n groot slaaibak.
Laat staan vir minstens 1 uur voor jy dit voorsit sodat die brood sag word in die sous.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!