Pampoen-en-haselneut-kaaskoek

2007-02-07
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

2,073
Related Recipes:
  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

  • Permantige Sjokoladekoek

  • Granadilla Pynappel Yskastert

Pampoen-en-haselneut-kaaskoek met suurroom-bolaag


….. werklik besonders.

Kors
1 pakkie gemmerkoekies, fyn gekrummel
125 ml gesmelte botter
30 ml gouestroop

Vulsel
500 g roomkaas
125 ml koekmeel, gesif
500 g pampoenpuree
5 eiers
180 ml bruinsuiker
125 ml haselneutlikeur (Frangelico)
5 ml kaneel
2 ml fyn gemmer
1 ml neutmuskaat
1 ml fyn naeltjies
5 ml vanieljegeursel
Bo-laag
500 ml suurroom
60 ml strooisuiker
60 ml haselneutlikeur (Frangelico)

Verwerk die bestanddele vir die kors in ‘n voedselverwerker en druk dit teen die kante en op die bodem van ‘n losboomkoekpan van 26 cm vas. Vries vir ongeveer 30 minute. Voorverhit die oond tot 180 °C.

Klits die roomkaas, meel, pampoenpuree, eiers, suiker, likeur en speserye tot glad. Giet in die kors en bak vir ongeveer 1 uur of tot die buiterante ferm is. Klits intussen alles vir die bo-laag saam. Skep versigtig oor die kaaskoek en sit terug in die oond vir ongeveer 10-15 minute of tot die bo-laag borrel teen die kante. Haal uit die oond en laat oornag afkoel. Hou in die yskas tot benodig. Sit voor teen kamertemperatuur.

Lewer 1 groot kaaskoek.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!