Ow-Ow Brand Sous

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

2,022
Related Recipes:
  • Van Kondensmelk tot Karamel

  • Maklike Biltong Patee

  • Speserymengsel om hoender te geur

  • Ingelegde eiers

  • Lennon’s Hoesstroop

Ow-Ow Brand Sous ~ waarlik heerlik. : deur: meisie

15 chillies
1 groot ryp mango
1 koppie aangemaakte mosterd
1 koppie bruin suiker
2 koppies bruin asyn
1 groot lepel elk van: Kerriepoeier, komynpoeier, chilliepoeier, gemmerpoeier, fyn neutmuskaat, seldery saad, allspice en kaneelpoeier
sout en peper na smaak
1 kg tamaties
2 uie

Blits al die vrugte, groente in ‘n voedselverwerker tot mooi fyn of anders sny alles in stukkies Meng by al die ander bestanddele en prut vir ongeveer 2-3 uur. Roer so nou en dan.

Ek moes noodgedwonge maar effe-effe proe en dis die dat ek toe in die kombuis rondspring en sê, OW OW. Hierdie sousie is beter as daardie lipplompers wat die lippe veronderstel is om groter te laat lyk deur dit te laat ‘tingle’, glo my, die sous ‘tingle’! Ek het nie veel bekommer oor al die bestanddele nie, het sommer ‘n paar ryp perskes ook bygesit, en ‘n bietjie meer bruin suiker en asyn, dit hang seker af of jy ‘n dunner of amper ‘chutney’-tipe konsistensie soek.
Die reseppie is baie aanpasbaar. Wees versigtig dat jy nie aan jou oë vee as jy die chillies hanteer nie.

Recipe Type:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!