Ouma se Soet Broskors Melktert

2014-07-03
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 39
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

39 People rated this recipe

13,678
Related Recipes:
  • Traditionele Melksnysels

  • Japtrap Biltong

  • Oondgebakte Skaapkop

  • Kaiings met Mieliepap

  • Stampmielies en Bone met Spek

Lus vir iets tuisgebak, nostalgiese bederf …??

“Ouma se Soet Broskors Melktert ”

Soet broskors:
125g botter
125ml suiker
1 eier, liggies geklits
500ml meel, gesif
5ml bakpoeier
1ml sout

Verroom botter en suiker totdat mengsel lig en romerig is. Klop eier in, en roer dan droë bestandele by. Knie liggies. Plaas in Tupperware houer en seël. Verkoel vir ongeveer 20 minute. Rol uit en gebruik om 2 tertborde of 36 kolwyntjiepanne uit te voer. Verkoel om krimping te voorkom.
Prik bodem met ‘n vurk en bak blind by 200ºC vir 10-20 minute.

Wenk: Om blind te bak: voer die deegdoppe met verfrommelde waspapier uit en vul met droë bone. Bak vir 10 minute, lig papier uit, en bak vir verdere 5-10 minute totdat bodem van die dop mooi bruin is. Dit verseker dat die deeg nie onegalig uitpof nie en dat dit sy vorm behou.

Melktertvulsel:
1liter melk
45ml botter / margarine
3 eiers 100ml suiker
25 ml mielieblom
45ml vlapoeier
45ml meel
7ml vanielje kaneel om te besprinkle

Plaas die melk en botter in ‘n kastrol. Bring tot by kookpunt en verwyder van hitte. Klits eiers, suiker, mielieblom, vlapoeier, meel en vanielje en meng goed.
Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die mengsel en skud goed. Voeg mengsel by die warm melk en klits goed.
Plaas oor matige hitte en laat stadig kook totdat mengsel verdik. Roer aanhoudend.

Giet in gebakte tertdoppe.
Strooi kaneel oor.

Comments (4)

  1. posted by jordaan on August 30, 2015

    EK HOU VAN JULLE RESEPTE

  2. posted by MAGDA SHAND on October 28, 2015

    yummy

  3. posted by MAGDA SHAND on October 28, 2015

    yummy cant wait to try and bake

  4. posted by Naomi on April 29, 2016

    Dit klink so heerlik ek kan nie wag om dit te maak nie

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!