Ouma se gemmerkoekies

2014-05-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.3 / 5)

3.3 5 25
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

25 People rated this recipe

9,336
Related Recipes:
  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

  • Brownies

  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

‘n Lekker Maklike Gemmerkoekies Resep.

– 200 ml botter of margarien
– 250 ml stroop
– 150 ml kookwater
– 4 k ongesifte koekmeel
– 20 ml koeksoda
– 20 ml kremetart
– 5 ml sout
– 50 ml fyn gemmer
– 500 ml bruin suiker (nie sag of growwe witsuiker nie)
– 3 eiers

Smelt botter en stroop in groterige kastrol oor lae hitte, voeg kookwater by, roer goed deur. Laat afkoel
Sif meel, koeksoda, kremetart, gemmer en sout saam.
Voeg eiers by stroopmengsel en roer tot gemeng.
Gooi suiker oor en meng tot suiker net nat is. (Moenie smelt nie).
Gooi gesifte bestanddele by. Meng goed. Laat staat ± 2 uur. Maak bolletjies. Druk effens plat. Bak 10-12 min by 180°C.

* deur Nannie Theron via Facebook Boerekos Kookengeniet

Recipe Type:

Comment (1)

  1. posted by Priscilla du Plessis on November 25, 2015

    Hi daar, die resep se^ stroop. Watse stroop asseblief.
    Baie dankie.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!