Ouma se doekpoeding

2008-11-23
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 6
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

6 People rated this recipe

2,302
Related Recipes:
  • Wortel & Vanilla Sponspoeding

  • Koffie & Cream Malvapoeding

  • Kondensmelk Suurlemoen Yskastert

  • Traditionele Melksnysels

  • Japtrap Biltong

1 koppie suiker
1 koppie botter
3 eiers
2 eetlepels appelkooskonfyt
4 koppies meelblom
1 teelepels elk naeltjies (fyn), kaneel, gemmer ensout
3 teelepels koeksoda
1 koppie elk sultanas, korente, versuikerde skil, pitlose rosyne en melk
koppie warm water, afgekoel
2 eetlepels brandewyn

Sif meelblom,nealtjies, gemmer, kaneel en sout saam. Klop suiker en botter tot room. Voeg dan eiers een vir een by en klop goed. Voeg appelkooskonfyt by. Meng koeksoda met melk en voeg by bottermengsel. Voeg vrugte en dro? bestandele by bottermengsel en meng beurtelings met melk en water. Voeg brandewyn by mensel en roer goed. Maak groot doek klam en bestrooi met meelblom. Skep mengsel daarop in die middel, laat bietjie ruimte toe vir rys, en bind goed vas. Sit ?n ou piering in kastrol met kokende water en sit poeding in. Kook vir ongeveer 4 uur. Kyk dat water nie droog kook nie. Voeg KOKENDE water by indien benodig. Bedien met brandewyn sous.

Brandewynsous:

750ml kookwater
2 stukke gemmer -vars- gekneus
2 stukke pypkaneel
4 naeltjies
1 lemoen se skil
250ml suiker
25ml mielieblom
knippie sout
25ml brandewyn

Kook water, speserye en lemoenskil stadig saam totdat wat gegeur is. Syg deur en gooi water terug is kastrol. Meng suiker, mielieblom en sout en voeg bietjie warm gegeurde water by en meng tot glad. Gooi die mensel by gegeurde water en kook dan alles saam tot sous dik en gaar is. Dit neem ongeveer 3 minute. Voeg brandewyn by net voor opdiening.

Comment (1)

  1. posted by Sharon on December 19, 2016

    I am going to try this for Christmas dessert

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!