Ouma se Beesvleis Potbraai

2015-07-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 14
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

14 People rated this recipe

11,578
Related Recipes:
  • Alna se Bobotie met ‘n degie

  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Kerrie Bakkies

Kook met nostalgie

1 kg beeskook van jou keuse (dikrib, brisket, braising steak ens.)
2 groot uie, opgekap
4 knoffeltoontjies, gekneus
3 groot aartappels – geskil en halveer
2 el botter
1/2 tl tiemie
1/2 tl geroosterde koljander, fyngemaal
mespunt fyn naeltjies
swartpeper na smaak
sout na smaak
1 el bruinasyn
3 tl bisto poeier aangemaak met bietjie koue water
kookwater

Sit jou vleis in ‘n medium kastrol, gooi net genoeg koue water oor om vleis mooi te bedek
Voeg eetlepel asyn by en bring tot kookpunt, kook stadig tot al die water verdamp het en vleis begin potbraai, braai dan albei kante lekker bruin

Plaas uie en knoffel bo op , sprinkel met tiemie, koljander en fyn naeltjies, gooi klein bietjie water bo oor , plaas deksel op en laat weer afkook tot begin potbraai, voeg botter by en braai alles lekker saam tot bruin en geurig

Gooi genoeg kookwater op om alles weer te bedek, prut stadig vir halfuur, plaas aartappels bo op en gooi net genoeg kookwater op om als te bedek, geur met sout en peper na smaak

Wanneer aartappels sag is, voeg aangemaakte bisto by, roer liggies deur, prut vir 5 minute
Bedien met rys of stampmielies en lekker soet pampoen

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!