Ouma Johanna se Herderspastei

2011-07-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 9
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

9 People rated this recipe

8,479
Related Recipes:
  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Kool en Bully Beef Roerbraai

  • Lamsvleis Breyani

  • Eenpan Worsies en Bone Lekkerte

Bestanddele:

20 ml olyfolie
800g maalvleis
2 medium ui, gekap
1 groot wortel, grof gerasper
2 selderyestingel, gekap
10 ml  origanum
koppie beesvleisaftreksel
2 tl  Worcestersous
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Bolaag:
2 groot aartappels, geskil opgesny
1 botterskorsie, geskil , opgesny
50 ml botter
40 ml melk
halwe kooppie broodkrummels
knypie origanum

 

So gemaak:
Verhit olie in swaarboomkastrol. Voeg maalvleis by en braai tot kleur verander.
Voeg ui by en soteer tot sag.
Voeg wortel, seldery, origanum, aftreksel, Worcestersous en geurmiddels by.
Prut vir 20 minute tot wortels sag is.
Skep in oondvaste bak.
Maak aartappels gaar in ‘n bietjie soutwater.
Dreineer en druk fyn. Voeg botter en melk by om ‘n sagte tekstuur te kry.
Kook of stoom botterskorsie tot sag. Dreineer en druk fyn en voeg die fyn aartappels by.
Skep die fyn aartappel-en-botterskorsie? mengsel oor die maalvleis.
Besprinkel met broodkrummels.
Bak vir +-30 minute teen 180ºC tot bruin.

.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!