Loader

Oop spek , eier en kaas brood burger

2015-08-10
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Vir die Burger:(genoeg vir 4 lekker groot patties)
800g topside maalvleis
1 ui baie fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
1/2 tl gemmer
1/2 tl droe tiemie
1/2 tl droe pietersielie
3 eetl blatjang
swartpeper
250 ml marinade van jou keuse

vir jou oop broodjie burger:
8 snye roosterbrood van jou keuse
uie in ringe gesny (rou of gebraai, soos jy verkies)
blaarslaai
komkommer skyfies
tamaties – skywe gesny
4 skywe kaas
pakkie spek, bros gebraai
4 eiers , gebak na smaak

sous:
mosterd sous
tamatiesous
blatjang
mayonaise

Meng al die speserye saam met maalvleis , knoffel en fyn ui mooi deur, vorm 4 gelyke bolletjies, op kleefplastiek of oopgesnyde broodsakkie druk rondel bal versigtig plat vir pattie se vorm.
Sit eenkant van die kleefplastiek oor die pattie en vryf en seel, en vorm hom mooi met jou hande, probeer die lug uitdruk.
Sit in vriekas vir mistens 30 min, voor jy hulle panbraai.
Maak olie in swaarboompan lekker warm
Braai patties aan een kant tot begin bruin braai, voor jy versigtig omdraai, en bruin braai, sout en peper na smaak, smeer goed met jou keuse van marinade, braai nog bietjie, (gaar uie:…”sit jou uie ringe orals langs pattie in en braai alles sappig oor medium hitte”) , smeer met nog bietjie marinade net voor opdien
Maak sousie van gelyke dele blatjang, mosterdsous, mayonaise en tamatiesous gemeng.
Pak 2 vars geroosterde broodjies per bord
Smeer broodjies met sousie, top een met blaarslaai, tamatie, komkommer en pattie, opgetop met uie
Op jou ander roosterbroodjie, sit een skyf kaas, genoeg bros spek bo-op, dan jou eier, sout en peper na smaak
Geniet !!

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!