Loader

Onvergeetlike klam Koffie Sjokoladekoek

2010-11-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 34
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

34 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

 

Die geheim van ‘n klam sjokolade koek le in die vervanging van botter met olie, en hierdie resep doen dit!!! Eenvoudig , een bak mengsel wat verseker een van jou gunstelinge gaan word.

Bestanddele:

2 kop koekmeel
¾ kop cocoa poeier
1 ½ tl bak poeier
2 tl koeksoda
knypie sout
1 kop melk
1 tl vanilla essence
2 kop suiker
½ kop kookolie
1 koppie sterk koffie (aangemaak , swart, lou afgekoel)
2 eiers

Methode:

Voorverhit oond na 180°C.
Berei 2 x +- 23cm koekpanne voor, smeer deeglik met botter

1. In ‘n groot mengbak sif alle droe bestandele saam, voeg dan 2 koppies suiker by roer effe deur gesifte bestanddele.
2. Voeg eiers, melk, olie en vanilla saam by droee bestanddele, meng goed met klitser vir twee minute. Voeg nou jou swart koffie by, meng goed .
3. Verdeel nou die mengsel eweredig in jou twee voorbereide panne.
4. Bak nou ir 35-40 min. Toets met sosatiestokkie / tandestokkie of gaar is.( prik in die middle, as hy skoon uitkom is hy gaar) verwyder van oond.
5. Laat afkoel min 15 min in koekpan. Maak kante los met mes. Skud die pan liggies totdat jy voel jou koek is los.Laat goed afkoel.
6. Versier .

Koffie Versiersel:

6 groot eetlepels sagte botter
¾ koppie kokao
2 koppies versiersuiker
5 tl sterk koffiepoeier

Meng alles goed saam, versier koek. ( L.W. maak seker koek is goed afgekoel voor versier). Bere in koekblik wat lekker dig kan seel.

Koek is altyd lekkerder as dit die voringe aand gemaak word. Gee die koek kans om te “rus”; jy sal verbaas wees die verkil aan tekstuur , smaak….!

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!